Sokker: Ferdinand steun Ronaldo se besluit

Sokker: Die voormalige ster van Manchester United, Rio Ferdinand, verwerp kritiek op Cristiano Ronaldo se uiters lonende ooreenkoms met die span van Saoedi-Arabië, Al-Nassr. Die 37-jarige het ‘n kontrak van twee jaar aangegaan wat glo meer as 3,6 miljard Namibiese dollar werd is. Sommige kritici betreur die feit dat die kaptein van Portugal blykbaar sy rug op sokker in Europa gedraai het. Maar Ferdinand glo die skuif na ‘n nuwe vasteland moet gesien word as ‘n geleentheid vir Ronaldo om sy nalatenskap te verbreed na sy teleurstellende vertrek by Old Trafford.