Sokker: Bafana Bafana speel takel Liberië  

Sokker: Bafana Bafana gaan tuis en weg teen Liberië speel in kwalifiserings-wedstryde vir die Afrikabeker-toernooi. Suid-Afrika is môreaand op die Orlando-stadion in Soweto gasheer vir die Wes-Afrikaland, en die twee lande ontmoet mekaar vier dae later weer in die Liberiese hoofstad, Monrovië. Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, sê hulle moet albei kragmetings wen om te kwalifiseer voor hulle teen die groeps-gunsteling, Marokko, te staan kom.