Soematraanse renoster skenk geboorte, na 8 miskrame

‘n Soematraanse renoster het in ‘n Indonesiese reservaat geboorte gegee en pogings om dié kritiek-bedreigde dier te bewaar ‘n hupstoot gegee. Die Wêreld-natuurfonds sê na raming is minder as 80 Soematraanse renosters in die wêreld oor, hoofsaaklik op die Indonesiese eiland Soematra en Borneo. Die renoster Rosa het Donderdag in die Way Kambas-nasionale park in Soematra geboorte gegee aan ‘n vroulike kalfie, ná agt miskrame  sedert 2005 toe sy uit die wildernis gebring is vir ‘n teelprogram.