Soektog na Chinese ontsnapte duur voort 

Die Chinese renosterhoringsmokkelaar Wang Hui, wat op 17 Oktober uit die aanhouding ontsnap het, is nog steeds op vrye voet, het die Namibiese polisie bevestig. Hy het glo in ‘n luukse wit sportnutsvoertuig in die rigting van die kus gevlug, maar het die polisie ontduik. Hy was besig om 15 jaar tronkstraf saam met drie ander Chinese burgers uit te dien nadat hulle probeer het om 14 renosterhorings en 2 jagluiperdvelle uit Namibië te smokkel. Die Namibiese Korrektiewe Dienste se adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die saak in die hande van Nampol se spesiale eenheid vir misdaadondersoeke is en die soektog na Wang duur voort.