Soedan se koringoes vrot, regering kan dit nie koop nie

Koringboere in Soedan vrees dat hul oes binnekort vrot sal word nadat die land se regering ‘n ommekeer gemaak het op sy besluit om die oeste te koop. Die regering het boere 75 Amerikaanse dollar per sak aangebied. Dit word beskryf as ‘n uitstekende prys en is gedoen om boere aan te spoor om aanplantings te doen, maar nou is daar nie geld nie. Intussen sê die Wêreld Voedselprogram se verteenwoordiger in Soedan, Carl Paulsson, miljoene lei honger.

Koringinvoere in Soedan beslaan tot 80 persent van die land se benodighede.