Soedan kry skenking van N$187 miljoen van voedsel-organisasie

Soedan se Voedsel- en Landbou-organisasie het ‘n skenking van 187 miljoen Namibiese dollar vanaf die Verenigde Nasies se Sentrale Noodreaksiefonds verwelkom. Die geld sal nood-landbou- en vee-voorrade aan duisende honger-lydende boere-gemeenskappe in 14 provinsies verskaf. ‘n Verteenwoordiger in die land, Babagana Ahmadu, sê die organisasie is besig om sy bedrywighede te versterk. Ahmadu sê die sentrale fonds se bydrae sal help om dringend noodsaaklike landbou-insette aan kwesbare landbou-huishoudings te verskaf deur te verseker dat hulle genoeg voedsel kan vervaardig om aan hul behoeftes te voldoen.