Só werk deurry-stasie vir Covid-inentings by Windhoekse skougronde

‘n Deurry-stasie vir Covid-inentings by die Windhoekse skougronde het afgeskop en sal Dinsdae tot Sondae vanaf tien-uur soggens tot ses-uur saans oop wees. Dit is ‘n inisiatief van Gondwana Collection Namibia, die Gondwana Care Trust, FNB Namibia, Vaccines for Hope en word deur verskeie private maatskappye onder die vaandel van die gesondheisministerie ondersteun. Inke Stoldt van Gondwana verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe werk die inentingsproses.

Stoldt sê tydens die eerste dag van inentings is hulle met mense oorval wat hul inentings wil kry.