So sal SA-rand teen dollar vertoon

Volgens Bank Windhoek se Tesourie Tegniese Ontleding en Vooruitsigverslag het die Suid-Afrikaanse rand verlede week sterk onder die 17,60-steunvlak gesluit nadat die Federale Reserweraad rentekoerse met 50 basispunte verlaag het, wat die Amerikaanse dollar verswak het. Dit het veroorsaak dat die rand uit ‘n jaarlange regstellende reeks gebreek het, wat die plaaslike geldeenheid versterk en die vorige korttermyn swakker vooruitsig vir die rand negeer het. Momentum-aanwysers dui egter daarop dat die rand se sterk lopie beperk kan wees, met die langtermynvooruitsigte wat steeds ‘n swakker rand bevoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bank Windhoek se senior finansiële markte-handelaar, Andriko von Ludwiger, wat verduidelik.