So lyk jou brandstofprys vir Desember

Met die vakansieseisoen wat vinnig nader kom, sal Suid-Afrikaanse motoriste uitsien na aansienlike brandstofprysverlagings in Desember. Ongeouditeerde middelmaand-data wat deur die Sentrale Energiefonds in die buurland vrygestel is, wys dat die prys van petrol met meer as 1 Suid-Afrikaanse rand per liter kan sak, terwyl die prys van diesel met meer as 2 rand per liter kan verlaag. Dit is hoofsaaklik te wyte aan laer internasionale oliepryse. In Namibië was daar egter hierdie maand geen verandering in die brandstofprys nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat wat ‘n voorspelling vir plaaslike brandstofpryse gee.