So lyk die vooruitsigte vir reën die naweek

Die Namibiese Suide en suidoostelike dele moet nog langer wag op reën terwyl ander dele van die land ‘n paar buie kan ontvang. Daar is hoop vir verligting voor die winter intree na die skade van sikloon Freddy aan ons reënseisoen berokken het. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi, die hooftegnikus van bedryf by die Namibië Meteorologiese Diens gesels oor die naweek se vooruitsig.