So lyk die voorspelling vir die Desember brandstofprys

Dis nie meer lank voor die Desember brandstofprys aangekondig word nie. Dit is belangrik in hierdie tyd wanneer Namibiërs wil reis. Die prys sal eers op 7 Desember in werking tree. Brent het met 8 persent in die afgelope sewe dae gedaal en verhandel tans rondom 86 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die Amerikaanse geldeenheid het ook effe teruggesak. Volgens Robert McGregor is dieselvoorsiening steeds ‘n bron van kommer. Hy het sy voorspelling so verwoord.