So lyk die span wat FIMA sal ondersoek

Die Namibiese ministerie van finansies het ‘n tegniese komitee saamgestel om verdere ondersoek na die omstrede FIMA-wetgewing in te stel. Die wetsontwerp bepaal op die oomblik dat net 25 persent van aftreefondse voor aftree ouderdom deur werknemers geneem mag word. Dit is vir eers onbepaald uitgestel. Die lede van die komitee is vandag bekend gemaak en die woordvoerder van die ministerie, Wilson Ashikoto het die besonderhede.