Snakes of Namibia hou landwye praatjies oor slange

Snakes of Namibia het nog ‘n suksesvolle slangbewusmakingspraatjie by die Witvlei-boerevereniging aangebied. Meer as 40 boere het die praatjie bygewoon. Slangkenner Francois Theart van Snakes of Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het talle bewusmakingspraatjies regoor die land gehou oor die gedrag en identifikasie van slange, asook noodhulp vir slangbyte. Hul doel is om gemeenskappe op te voed oor die belangrikheid van slangbewaring en te verseker dat gemeenskappe weet hoe om ‘n slangbyt-noodgeval te hanteer.