Smith praat oor TransNamib-ellende

Werknemers by TransNamib sal daagliks ‘n vreedsame staking uitvoer tot daar aan hulle eise toegegee word. Onderhandelings tussen die maatskappy en die verwante vakbond Natau, het volgens berigte op ‘n dooiepunt uitgeloop en Natau eis dat die raad en die hoof uitvoerende beampte Johny Smith, moet intree in die onderhandelings. Smith sê hulle het met die vakbond gekommunikeer en kan nie die staking verstaan nie.

Hy het bygevoeg dat hy teleurgesteld is in die aantygings wat teen hom en die maatskappy gemaak word maar sê hy sal wel die kwessie hanteer.