Sly veil 500 gedenkwaardighede op, ook Rambo se rooi kopband

Nagenoeg 500 gedenkwaardighede van Sylvester Stallone se persoonlike eiendom van verskeie van sy rolprente sal op 5 Desember onder die hamer gaan by Julien’s Auctions in Los Angeles. Sy bokshandskoene van Rocky III, handgeskrewe notaboeke van die eerste vier Rocky-rolprente en die bekende rooi kopband wat hy in tweede Rambo First Blood-rolprent gedra het sal aangebied word. Items van Demolition Man en Cliffhanger word ook aangebied. Volgens die veilingshuis behoort meer as 1,5 miljoen Amerikaanse dollar behaal te word. Stallone verhuis blykbaar en wil afskaal.