Sluipmoordaanvallers op Haïti-president is ‘beroepsmoordenaars’

Twee Amerikaanse burgers en afgetrede lede van die Colombiaanse weermag was volgens berigte deel van die gewapende groep wat president Jovenel Moise van Haïti Woensdag in die vroeë oggendure in Port-au-Prince vermoor het. Owerhede beskryf die groep as beroepsmoordenaars en het tot dusver 17 verdagtes vasgetrek en soek na nog agt. Drie verdagtes is Woensdag in ‘n skietery met die polisie dood. Moise se vrou, Martine, is gewond en sterk aan in ‘n hospitaal in Florida in Amerika.