Slot Gary Porter maak sy debuut vir Stormers

Rugby: Die slot Gary Porter maak sy debuut vir die Stormers wanneer die verdedigende kampioen môreaand in Kaapstad met die Walliese span, Scarlets, kragte meet in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die 26-jarige het onlangs ʼn kontrak met die Kaapse span onderteken nadat hy in verlede jaar se Varsitybeker vir die Ikey Tigers gespeel het. Die senter Cornel Smith, die losskakel Kade Wolhuter en die flank Marcel Theunissen is die eerste keer vanjaar in die opdrafspan. Ernst van Rhyn sal die Stormers aanvoer wanneer die reeks hervat na ʼn verposing van vier weke vir die toetsvenster.