Slegte nuus vir plunderaars

Vir Suid-Afrikaanse plunderaars wat dink hulle het weggekom met ’n winskopie deur een van die vele Samsung-TV’s in die hande te kry wat gedurende die onlangse onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng gesteel is, is daar slegte nuus. Alle Samsung-TV’s het ’n ingeboude blokkeerstelsel bekend as TV Block wat per afstandbeheerder geaktiveer kan word. Dis reeds op 11 Julie geaktiveer op alle Samsungtelevisiestelle wat uit die maatskappy se Cato Ridge-verspreidingsentrum in KwaZulu-Natal gesteel is, sê Mike van Lier, direkteur van verbruikerselektronika van Samsung SuidAfrika. Arthur Goldstuck van Worldwide Worx in die buurland sê talle elektroniese stelsels het verskeie meganismes wat van ‘n afstand beheer kan word.