Slegs twee Covid-pasiënte in hoësorgeenhede

Die Namibiese gesondheidsministerie het 23 nuwe Covid-gevalle uit 895 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 2,6 persent verteenwoordig. In die groep is 8 leerders van verskillende skole, asook een gesondheidswerker. Daar is nou 2 545 aktiewe gevalle, waarvan 25 pasiënte in hospitale is en vyf in hoësorgeenhede. Altesaam 21,2 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.