Slegs tien Covid-pasiënte nog in hospitale

Die Namibiese gesondheidsministerie het vier nuwe Covid-gevalle uit 1 697 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,2 persent verteenwoordig. In die groep is een student en onderwyser elk. Daar is nou 163 aktiewe gevalle, waarvan slegs tien mense in hospitale is en niemand in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 276 612 mense is ten volle ingeënt. Die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste statistieke.