Slegs een Covid-sterfte vandag in Namibië aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het slegs een Covid-sterfte in die Onandjokwe-distrik aangemeld, asook 171 nuwe gevalle uit 1 374 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 12,4 persent verteenwoordig. Kommer heers oor die 117 leerders wat positief getoets het, wat 68,4 persent van alle positiewe gevalle verteenwoordig. Daar is nou 2 391 aktiewe gevalle, waarvan 205 in hospitale en 40 in intensiewesorgeenhede is.