Slegs drie Covid-sterftes, 154 nuwe gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes, een elk in Eenhana, Okongo en Onandjokwe aangekondig. Daar is 154 nuwe gevalle uit 1 197 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 13 persent verteenwoordig. Daar is nou 2 917 aktiewe gevalle, waarvan 240 in hospitale en 49 in intensiewesorgeenhede is. Altesaam 187 892 mense het hul eerste dosis entstof ontvang en 80 664 hul tweede dosis.