Slegs 24% Namibiese jeug gebruik voorbehoedmiddels

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, is bekommerd oor die relatief lae gebruik van voorbehoedmiddels onder jong Namibiërs tussen 15 en 19 jaar, wat volgens hom slegs 24 persent is, terwyl tienerswangerskappe hoog bly op 19 persent. Wêreldbevolkingsdag word vandag herdenk en die bekendstelling van die stand van die wêreldbevolkingsverslag 2022 het by Rundu in die Kavango-Oos-streek plaasgevind. Shangula het gesê swangerskap en bevalling-verwante komplikasies is die nommer-een moordenaars van meisies tussen die ouderdomme van 15 en 19 in ontwikkelende lande.