Slapper sekerheidsmaatreëls veroorsaak dwelmsmokkelary

Reaksie word ontvang op die inhegtenisname van ‘n vrou by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe nadat sy betrap is met 1,5 miljoen Namibiese doller se metamfetamien wat sy na Brasilië probeer uitsmokkel het. Honde het die dwelms uitgesnuffel. Die vrou het volgens die polisie gesê sy het die tas gekry by ‘n plaaslike vrou om Brasilië toe te vat. Die voormalige Hoof van die Dwelmeenheid van die Namibiese polisie Hermie van Zyl het sy reaksie so verwoord.