Slangnavorsing in Namibië vorder goed

Francois Theart, die bekende Namibiese slangkenner doen navorsing op slange. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê tot dusver is vier slange met opsporingstoerusting toegerus en die aktiwiteit van die slange neem toe soos die koue afneem. Navorsing word ook gedoen hoe slange beweeg en mens-slang-konflik te voorkom.

Theart het ook gesê met die winter wat besig is om tot ‘n einde te kom, moet Namibië versigtig wees vir slange wat uitkom om son te soek. Hy het bevestig daar is nie iets wat slange kan afweer nie en ‘n beroep om Namibiërs gedoen om hul erwe skoon te maak en gate toe te maak waar slange kan inkom. Hy nooi mense uit om hom te skakel as hulle in kontak met slange kom.