Slagoffer van Rehoboth-ongeluk is ‘n bekende dokter op dié dorp

Een van die slagoffers wat vanoggend in ‘n tromp-op botsing tussen Rehoboth en Windhoek weens sy beserings gesterf het, is ‘n bekende geneesheer van Rehoboth, dokter Tavaziva Onisimos Musariri . Die ongeluk het sowat 30 kilometer vanaf Rehoboth plaasgevind waarin beide bestuurders van die twee voertuie gesterf het.