Slaap wakker vir malaria!

Inwoners van die Oshikoto-streek kla oor muskiete en vra hoekom die malaria-veldtog gestaak is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Richard Kamwi, voormalige minister van gesondheid en Namibiese verteenwoordiger by die Eliminate Malaria-veldtog, gesels wat sê mense moet vinnig optree wanneer iemand vermoedelik malaria onder lede het en hospitaal toe gaan. Die ministerie van gesondheid het ‘n binnenshuise bespuitingsveldtog in 21 geteikende malaria-besmette distrikte van stapel gestuur om die siekte te bekamp.