Skurftesiekte: Hou jul plekke skoon!

Daar is geen rede tot kommer oor die skurftesiekte wat op die oomblik by skole in die Ohangwena-streek uitgebreek het nie. Die adjunk gesondheidsminister, Ester Muinjangue sê die menslike jeukmyt veroorsaak die infeksie wat uiters ongemaklik, maar nie gevaarlik is nie. Die ministerie hou vandag ‘n persvergadering in die verband maar tot op hede is 5 000 mense in die streek reeds behandel. Muinjangue sê mense moet hul omgewings skoon hou.