Skotse losskakel waarsku Bokke

Die Skotse losskakel Finn Russell glo sy span kan die Springbokke onder druk plaas as hulle Saterdag in Edinburgh vinnig en akkuraat speel. Skotland het Australië verlede naweek met 15-13 verslaan, en het nou hulle visier op nóg ‘n grote uit die Suidelike Halfrond. Die 29-jarige Russel weet waarvan hy praat. Hy het beïndruk toe hy vroeër vanjaar in die derde en laaste toets tussen die Britse en Ierse Leeus en die Springbokke as plaasvervanger vir Dan Biggar opgedraf het.