Skool-ontwikkelingsfonds onder die loep

As deel van haar aanbieding by 2de Nasionale Konferensie oor Onderwys wat in die hoofstad Windhoek aan die gang is, het die direkteur van onderwys in die Oshana-streek, Hileni Amukana, die kwessie van die skool-ontwikkelingsfonds aangespreek wat verwarring veroorsaak oor of staatskole gratis is, en of ouers moet aanhou betaal. Amukana het gesê die skool-ontwikkelingsfonds is nooit afgeskaf nie, maar het eerder met universele, sekondêre en primêre onderwys-toelaes vorendag gekom.