Skoner energie beskikbaar vir Suid-Afrikaners

Die Suid-Afrikaanse energieleier, Apollo Africa, is besig met die ontwikkeling van ‘n platform wat onafhanklike elektrisiteitsverskaffers direk met kliënte sal verbind om sodoende groen-energie regoor die vasteland te verskaf. Die maatskappy se besturende vennoot, Jenna Harris, sê die regulerende veranderinge in Suid-Afrika se energie-mark laat nou toe vir die versnelling van energie-oordrag in die land. Sy sê dit is hoogtyd dat Suid-Afrikaners die keuse van skoner energie het: