Skole, koshuise is gereed

Met Namibiese skole wat op 4 Augustus weer gaan heropen, sê die onderwysministerie dat koshuiskinders op 3 Augustus na koshuise kan terugkeer en koshuispersoneel en -onderwysers op 2 Augustus. Volgens die ministerie sal koshuisefooi vir die derde termyn onveranderd bly. Die voorsitter van die Privaatskole-vereniging, Colette Rieckert, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alle Covid-regulasies in plek is en dat leerders veilig in koshuise is.