Skole is Covid-brandpunt, meer as 20 gesluit

Meer as 20 skole is gesluit as gevolg van Covid-gevalle en skole word op die oomblik as ‘n brandpunt van die pandemie ge-ag. Die onderwysministerie sê leerders tussen die ouderdomme vyf en 19 maak 17 persent van die gevalle uit terwyl volwassenes tussen 20 en 49 jaar, 62 persent van gevalle uitmaak. Die uitvoerende direkteur by die ministerie Sanet Steenkamp sê hulle is bewus van die gevalle en werk op die oomblik saam met gesondheidsowerhede om die probleem aan te spreek.