Skole in Noord-Kaap moet sluit weens veiligheidsvrese

Die DA in die Noord-Kaap sê die skoolbeheerraad en ouers van die Laerskool Nico Bekker in Williston het besluit om die skool tydelik te sluit totdat die provinsiale departement van onderwys die skool besoek. Dit kom net twee weke nadat die Hoërskool Hantam ook sy deure weens veiligheidsvrese gesluit het. Antonico Steenkamp van die DA sê Nico Bekker is van Maart vanjaar af sonder elektrisiteit weens kabeldiefstal by die ou koshuisgebou.