Skilpad raak die waterpad byster

‘n Storm in Europa het veroorsaak dat ‘n Kemp se Ridley-skilpad sy rigting heeltemal kwytgeraak het. Die reptiel, op die lys van kritiek bedreigde spesies, kom gewoonlik voor in die warmer water in die Golf van Mexiko, maar is op ‘n strand in Wallis ontdek, waar die Atlantiese Oseaan se water aansienlik kouer is. ‘n Man het op die skilpad afgekom en die owerhede in kennis gestel. Slegs 72 Kemp se Ridley-skilpaaie is op Britse en Ierse strande gevind sedert rekordhouding in 1748 begin het, en die meeste van hulle was dood.