Skietstilstand in Gaza hou nog

ʼn Skietstilstand het tussen Israel en die militante groep, Islamitiese Djihad in die Gaza-strook in werking getree, na samesprekings onder leiding van Egiptiese onderhandelaars. Die dodetal in die Israelse aanval op Gaza die afgelope drie dae het tot minstens 44 gestyg, insluitend 15 kinders. Meer as 300 mense is beseer. Israel sê hy sal met mening terug te slaan indien die wapenstilstand verbreek word. Die jongste geweld is die ernstigste vyandelikhede sedert die elfdaagse oorlog in Mei verlede jaar