Skepe verlaat Ciprus met tweede ronde hulp aan Gaza
‘n Konvooi van drie skepe het die hawe van Larnaca in Ciprus met 400-ton voedsel en ander voorrade vir Gaza verlaat, terwyl kommer oor hongersnood in die gebied toeneem. Die Amerikaanse welsynsorganisasie, World Central Kitchen, sê die voorrade is genoeg vir meer as een-miljoen etes. Die vaartuie en ‘n vragboot het gereed-om-te-eet items soos rys, pasta, meel, neute, geblikte groente en proteïne aan boord. Daar is ook dadels wat tradisoneel geëet word om die daaglikse vas tydens die heilige maand van Ramadaan te breek.