Skaf vir jou ‘n wollerige liefie aan…

Die Dierebeskermingsvereniging van Windhoek gaan op 30 November ‘n aannemingsdag hou. Volgens die nasionale direkteur van die DBV, Hanna Rhodin, is dit die grootste aannemingsveldtog van die jaar. Alle aannemingsfooie sal met 50 persent afslag vir slegs dié dag geld. Rhodin sê die DBV neem sowat 4 000 diere per jaar in.