Skadevergoedingsaak tussen Harvey Boulter en Alta van Wyk vir bemiddeling verwys

Die skadevergoedingsaak tussen Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard van Wyk, wat dood is na ‘n skietvoorval op ‘n plaas in die Kamanjab-distrik, en die moordbeskuldigde, die Britse miljardêr Harvey Boulter, is vir bemiddeling verwys. Van Wyk en haar drie kinders dagvaar Boulter vir skadevergoeding van 83,55 miljoen Namibiese dollar. Van Wyk eis vir verlies van inkomste, emosionele pyn en trauma, en ook net minder as 25 000 dollar vir haar man se begrafniskostes. Boulter se regspan onder leiding van Kadhilo Amoomo, het gevra dat die saak vir bemiddeling verwys word. Regter Orben Sibeya sal beslis oor die datum van die bemiddeling.