Sjanghai begin môre oopmaak

Sjanghai sal van Maandag af besighede soos winkelsentrums en haarsalonne geleidelik heropen ná ses weke van ‘n streng Covid-inperking. Die stad se bestuur het vanoggend die aankondiging gemaak. Volgens owerhede sal winkelsentrums bedrywighede begin hervat en kliënte toelaat om op ‘n “ordelike manier” inkopies te doen, terwyl haarsalonne en groentemarkte met beperkte kapasiteit sal heropen. Sjanghai sal ook binnekort ‘n derde “wit lys”, van meer as 820 maatskappye wat by invoer en uitvoer betrokke is, aankondig wat bedrywighede kan hervat. Daar sal ‘n impak op die olieprys wees omdat Sjanghai 4 persent van China se olie verbruik.