Siviele saak teen Dippenaar staan weer stil

Dit wil voorkom asof die siviele saak teen Jandre Dippenaar steeds stilstaan. Antonia Joschko, die enigste oorlewende in haar familie na die gru-ongeluk op 29 Desember 2019 dagvaar vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Sy het reeds die saak in 2017 hangende gemaak en Dippenaar het herhaaldelik uitdagings met regsverteenwoordiging gehad wat die saak vertraag het. Dit was vanoggend geskeduleer vir ‘n voorverhoor konferensie maar, Joschko se prokureur sê Dippenaar se verteenwoordiger het nog nie kontak met hulle gemaak oor hoe hulle die saak sal hanteer nie. Regter Shafimana Ueitele, wat die saak aanhoor het op 7 Junie advokaat Vanessa Kauta as amicus curiea vir Dippenaar aangestel. Sy dien as ‘n onpartydige adviseur. Joschko se span vra vir nog ‘n week se uitstel.