Sisulu sê daar’s gekonkel by ANC-verkiesings

Die Suid-Afrikaanse minister van toerisme Lindiwe Sisulu het ‘n beswaar by die ANC se Verkiesingskomitee ingedien waarin sy aanvoer daar was onreëlmatighede in die benoemingsproses vir die party se top ses. Nie sy of die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini Zuma, het genoeg ondersteuning van die takke gekry nie, maar hulle kan nog tydens die verkiesingskonferensie van die vloer af benoem word. Sisulu beweer die benoemings stem nie ooreen met die inligting wat vroeër vandeesweek aangekondig is nie.