Sisulu-Ramaphosa geding is betreurenswaardig

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Thabo Shole-Mashao, sê die sage tussen President Cyril Ramaphosa en die minister van toerisme Lindiwe Sisulu is betreurenswaardig. Die Presidensie het ‘n verklaring uitgereik waarin beweer word Ramaphosa het die minister tydens ‘n vergadering tereggewys, waarna sy haar opmerkings oor die grondwet en regstelsel teruggetrek en verskoning gevra het. Sisulu het egter haar eie verklaring uitgereik waarin sy dit ontken en sê sy staan by dit wat sy in die artikel gesê het. Shole-Mashao sê die minister sal in albei ANC-faksies aansien verloor as sy verskoning vra: