Sinovac begin fase drie inentingstoetse op kinders in SA

Die chemiese maatskappy Sinovac beplan om vandag te begin met fase drie van sy kliniese entstof-toetse op kinders in Suid-Afrika. Die land het tans nie entstof vir mense onder 18 nie. News24 berig die toetse sal by sewe navorsingsterreine in die land gedoen word onder twee-duisend kinders tussen die ouderdom van ses-maande en 17-jaar. Hulle sal 28 dae uitmekaar twee dosisse entstof of plasebos kry.