Sink: uitstekend teen Covid-simptome en graad van infeksie

Wetenskaplike navorsing wat op 13 Desember aanlyn gepubliseer is in die Frontiers in Medicine-vaktydskrif van Switserland, toon dat sink, as aanvulling, uiters doeltreffend is om ‘n simptomatiese Covid-infeksie te verhoed, en te mitigeer. Die studie is in Florida in die VSA uitgevoer en het bevind dat dosisse van 10, 25 en 50 milligram baie goed werk vir die voorkoming van Covid-simptome en kan ook die graad van Covid-infeksies verlig. Die navorsers sê die studie beklemtoon weer die belangrikheid van navorsing in verband met aanvullings om Covid af te weer en sê dit is belangrik dat die studie herhaal word in ander teiken bevolkings as gevolg van wisselende vlakke van immuniteit en gesondheid in gemeenskappe.