Sinagoge-aanval: Akram is dood terwyl hy met sy kinders praat

Die Britse man wat die naweek vier mense gyselaar geneem het by ‘n sinagoge in Texas, is doodgeskiet terwyl hy met sy kinders oor die foon gepraat het. Malik Faisel Akram is noodlottig gewond toe die FBI die gebou ná ‘n drama van tien ure bestorm het. Al die gyselaars is gered. Volgens berigte het Akram se broer, Gulbar, vroeër met die aanvaller gepraat en is ingelig al die gyselaars sal vrygelaat word in ruil vir ‘n vermeende Al-Kaïda-simpatiseerder van Pakistan, Aafia Siddiqui. Akram sê hy het toe besef sy broer gaan nie oorleef nie.