Simposium vir vragmotorbestuurders se veiligheid, welstand bekendgestel

Die buurland se vervoer-minister, Sindisiwe Chikunga, het die eerste vragmotorbestuurder veiligheid en welstand-simposium in Boksburg bekendgestel. Die tema is “Your wellness is our concern”, en die geleentheid poog om landwyd die veiligheid en welstand van vragmotorbestuurders te verbeter. Die departement se vragspesialis, Mihlali Gqada, beklemtoon die projek se fokus op tasbare verandering, verbetering van veiligheidprotokolle en bestuurders se algemene gesondheid. Die simposium, in samewerking met die SaferStops Association, sal ‘n jaarlikse bedryfsgeleentheid word.