SIM-ruilbedrog styg merkbaar in SA

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum sê SIM-ruilbedrog in die land het merkbaar gestyg. Dit kos die gemiddelde slagoffer 17 000 Suid-Afrikaanse rand per voorval. Dit is volgens die sentrum se jaarlikse statistiek oor bedrog en ander misdade wat in 2021 ‘n uitwerking op die banksektor gehad het. Die aantal voorvalle waarin SIM-ruilings voorgekom het, het met 63 persent toegeneem van  2 686 voorvalle in 2020 tot 4 386 in 2021. Die inligtingsentrum sê ondanks die toename in SIM-ruilbedrog, is digitale platforms steeds die veiligste manier in die land om met geld te werk.