SIM-kaart registrasie en verlenging onder die loep
Die inligtingministerie sê hy het nie beraadslaag oor enige planne om die sperdatum van SIM-kaart registrasie na die afsnydatum van 31 Desember vanjaar te verleng nie. Die uitvoerende direkteur Audrin Mathe sê dit is te vroeg om die kwessie te bespreek. Dit kom na oproepe deur van die operateurs wat kommer uitgespreek het dat die registrasieproses nie vinnig genoeg beweeg nie. MTC sê volgens wat berig word dat ‘n verlengingsversoek wel iets is wat oorweeg word. MTC het meer as 2,5 miljoen gebruikers en het tot op hede daarin geslaag om 1 miljoen SIM-kaarte te registreer. Telecom het nog nie syfers bekend gemaak nie.