Sikunga-viswagters vat vistropers in Zambezirivier vas

Die Sikunga-viswagters wat teenstroperywerk in die Zambezirivier doen, het hul verslag vir Augustus en September bekend gemaak. In Augustus het hulle beslag op 12 makôrôs gelê, nette van 64,4 kilometer verbrand en 2 236 visse in die nette gevang. In September is beslag op 22 makôrôs gelê, nette van 19 kilometer verbrand en 809 visse in die nette gevang.